Ontwerpers Baba Klere Winkel in Mosselbaai
Ontwerpers Baba Klere Reeks Mosselbaai
Nykie spesialiseer in klere en bykomstighede vir babas ouderdom pasgebore tot 2 jaar. Jou baba kan nou van sy of haar geboorte dag ‘n unieke styl hê met die pragtige klere ontwerp deur Nykie se eienaar, Cherené, wat alles plaaslik in Mosselbaai vervaardig word. Dié ontwerpers klere reeks groei kontstant om tred te hou met modetendense en seisoene.
Baba Klere vir Spesiale Geleenthede in Suid Afrika
Nykie vervaardig ook baba klere vir spesiale geleenthede. Dit sluit Dooprokkies en Dooppakkies in asook uitrustings vir fotosessies, 1ste verjaarsdag en enige spesiale geleentheid! Bring of stuur jou idee of foto na die kreatiewe span by Nykie in Mosselbaai in die Tuinroete van Suid Afrika.
Babawinkel in Mosselbaai
Selfs babas benodig meer as net ‘n mooi rok of pakkie. Die regte bykomstighede is baie belangrik, selfs meer as jy ‘n baba is! Die Nykie bababinkel in Mosselbaai bied ‘n verskeidenheid van benodigdhede en bykomstighede. Dit sluit in van egte leer skoentjies tot kombersies, doekesakke en vele meer!
Nykie Babawinkel is propvol pragtige babaklere en bykomstighede. Besoek hulle gerus wanneer jy in die area is of kontak hulle vir bestellings.
0 Comments