Wildman George – Vir Al Jou Skiet, Jag en Buitelewe Benodighede

Wildman George – vir al jou skiet, jag en buitelewe benodighede

September 3, 2020

Written by Wilma Burger

Wildman George – vir al jou skiet, jag en buitelewe benodighede

Wildman George – vir al jou skiet, jag en buitelewe benodighede

Besoek gerus die Wildman George winkel vir al jou skiet, jag en buitelewe benodighede!

‘n Opregte warm verwelkoming, puik diens en kwaliteit produkte is sinoniem met die winkel. Lalakoi het by Tienie en Marko van Wildman gaan kuier en lekker gesels terwyl ons saam ‘n voortreflike koppie koffie geniet het. Ons deel met trots die boodskap van die Wildman bestuur met jou!

“Meeste van julle ken die winkel as Arms Tackle and Outdoorworld. Vanaf 1 Februarie 2020 het ons die voorreg gehad om deel te word van die George-gemeenskap. Wildman George het die vriendelikste personeel wat altyd gereed is om te help waar hulle kan.

Ons spesialiseer in wapens en het puik verkoopspersoneel wat jou kan help. Ons spog met ‘n groot verskeidenheid wapens en bykomstighede. Teleskope, “silencers”, vuurwapensakke en nog vele meer. Ons help gerus om jou teleskoop gratis op te sit terwyl jy ‘n lekker koppie koffie saam met ons geniet.

Die koffie, wat spesiaal tot perfeksie vir ons gerooster word, word elke dag vars gemaak en is gratis vir almal om te geniet. Kom gesels met ons oor jou volgende jaguitstappie, ons is altyd lus vir geselskap! Finanseer jou vuurwapen deur ons by Peerfin, jy kan self besluit oor hoeveel maande jy wil afbetaal 3, 6 of 12. Wildman is deel van NARFO, ‘n sportskiet assosiasie, wat jou belange beskerm. Deur ‘n lid te wees kry jy jou jaarlikse teikens om te skiet en jy kan alles op die webwerf oplaai. Ons help ook met die nodige papierwerk en motiverings vir vuurwapen aansoeke deur ons ‘Legal and Law’ afdeling in die winkel.

‘n Geweersmit staan reg om wapens te diens, reg te maak of op te bou. Ons bied ook stoorplek vir jou wapens wanneer jy dalk op vakansie wil gaan. Kom gerus in en doen navraag daaroor, Riflesure wat die vuurwapen versekering doen word sterk aanbeveel.

Ons beskik oor ‘n wye reeks herlaai toerusting en kennis om jou op die regte pad te help om die kuns te beoefen. Skietdae word aangebied om jou nuwe wapen te gaan uit toets of om net vir die lekker te gaan skiet. Ons is ‘n voorstaander daarvan dat die hele familie moet deelneem en veilig moet wees. Skietdae vir vroue en kinders word ook aangebied, asook selfverdediging klasse. Vir selfverdediging het ons ‘n wye verskeidenheid toerusting wat jou veiligheid kan verseker. Omdat veiligheid vir ons so ‘n groot prioriteit is, wil ons verseker dat jou vuurwapen veilig gebere word, top gehalte staal kluise is by ons beskikbaar vir jou behoefte.

By Wildman het ons ietsie vir almal dit sluit die dames in! Kom kyk gerus na ons nuwe reeks klere wat ons spesiaal ingebring het en die mees gemaklike skoene wat handgemaak is spesiaal net vir julle. By Wildman kan kinders nog kind wees en kry altyd ‘n stokkielekker in die hand by een van ons vriendelike personeel. As jy van die natuur, buitelewe en sport hou, is Wildman die perfekte winkel vir jou. Jag, visvang, “surfing”, sportskiet, veerpyltjies en vele meer, hier is iets van alles by Wildman.

Maak gerus ‘n draai by Wildman George, die vriendelike span sien uit om jou te ontmoet.

kontakbesondehede

 

Wilma Burger
Author: Wilma Burger

You may also Like…

Leading Gutter Installer in Mossel Bay

Leading Gutter Installer in Mossel Bay

Eden Gutters in Mossel Bay offers extraordinary quality seamless aluminium gutters that clearly speaks for itself. This owner-run business takes pride in off…

0 Comments

Submit a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.