Heerlike Biltong in George
By die Anysberg Biltong winkels is jy verseker van heerlike biltong! Hulle kwaliteit biltong en droëwors word met sorg verwerk om vir jou ‘n gesonde en smaakvolle produk te bied. Anysberg Biltong gebruik slegs graad AA vleis wat hormoon en sening vry is. Vir jou gerief het hulle twee winkels in George. Een in die Garden Route Mall en die ander in die Eden Meander Life Style Centre. Gaan koop vandag nog jou biltong!
0 Comments