Droë oë opgesom in ‘n neute dop!!


April 5, 2017 Facebook Twitter LinkedIn Google+ Garden Route News


Hartenbos Oogkundiges gee raad oor droë oë

Droë oë opgesom in ‘n neute dop!!

Hartenbos Oogkundiges gee raad oor droë oë

Hartenbos Oogkundiges gee raad oor droë oë

Krapperige, branderige, jeukerige en rooi ogies is sekerlik een van die mees algemene oogkondisies waarvan vele mense kla. Meestal is die rede ‘n droë oog. Die oorsaak is legio, maar die behandeling nie. Meeste van die tyd kan droë oë baie suksesvol behandel word. Dit is egter aanbeveelbaar om ‘n omvattende oogtoets te doen om sodoende die moontlike oorsaak van ‘n droë oogtoestand te bepaal. Die oorsaak kan wees dinge soos langdurige sistemiese medikasies, hormoonvervanging, Meiboomklier disfunksie, Blepharitis en selfs allergie.

Okulere Smeermiddel Beskikbaar in Hartenbos

Meestal word die droë oë behandel met ‘n okulere smeermiddel waarvan daar vele op die mark beskikbaar is. Nuwe tegnologie leer ons egter dat droë oë behandel kan word met warm en vogtige kompressie (Oogmaskers). Hitte en vog maak die relatiewe humiditeit om die oë beter en maak die Meiboomkliere oop wat elkeen se olie lagie van sy trane produseer om sodoende verdamping te vertraag.

Kom besoek Dynamic Vision Hartenbos Oogkundiges gerus om meer uit te vind oor hierdie sogenaamde Oogmaskers.

 

Comments