Bosluise en Honde deur Dr. Stelouise Lourens


April 20, 2017 Facebook Twitter LinkedIn Google+ Garden Route News


Strandloper Dierekliniek in Hartenbos gesels oor bosluise en honde

Bosluise en Honde deur Dr. Stelouise Lourens

Strandloper Dierekliniek in Hartenbos gesels oor bosluise en honde

Dr. Stelouise Lourens, veearts van Strandloper Dierekliniek in Hartenbos gesels oor bosluise en honde.

Bosluise kan in honde bosluiskoors (Babesiose) sowel as bosluisbytkoors (Ehrlichiose) veroorsaak en ook bosluisbytkoors in mense. Hierdie siektes word oorgedra nadat die bosluis die bloed van ‘n draer dier gesuig het en dan self ‘n draer van die siekte word. Wanneer hierdie draer bosluis dan ‘n ander dier byt, dra dit die siekte aan die nuwe gasheer oor.
Die inkubasieperiode van bosluiskoors is gemiddeld 4 tot 14 dae, dws die hond kan simptome ontwikkel tot 2 weke nadat ‘n bosluis hom gebyt het.
Algemene simptome van bosluiskoors is koors, lusteloosheid en verlies van eetlus. Die uriene raak donkerder en kan selfs soos swart koffie lyk. Die tandvleise en die oogslymvliese van die hond raak bleek of selfs geel in gevorderde gevalle. Bosluiskoors is ‘n baie gevaarlike siekte en vereis onmiddellike aandag van ‘n veearts, aangesien ‘n baie akute vorm ‘n hond binne so min as 6 ure kan doodmaak.
Die simptome van bosluisbytkoors is soortgelyk as bosluiskoors, maar sluit vergroting van die dier se limfknoppe en gewigsverlies in, asook neusbloeding en bloeding vanaf die slymvliese. Dit het ‘n stadiger verloop as bosluiskoors.

Menslike simptome van die siekte is intense hoofpyn, naarheid, koors, vergrote limfknoppe, veluitslag en ‘n infeksie (dikwels ‘n rooi pers kring) om die bytplek. Kontak onmiddellik ‘n geneesheer. Kontak jou veearts oor die mees doeltreffende bosluisbeheer in jou area.

Vir meer inligting en behandeling kontak Strandloper Dierekliniek in Hartenbos

Comments