Boeresport Pretdag in Mosselbaai


January 11, 2018 Facebook Twitter LinkedIn Google+ Garden Route News


Boeresport Pretdag in Mosselbaai

Boeresport Pretdag in Mosselbaai

Boeresport Pretdag in Mosselbaai

Mosselbaai Familie Plaas Mark bied op 28 Januarie 2018 ‘n boeresport pretdag aan vir die hele gesin. Bring julle kinders Mosselbaai Familie Plaas Mark toe sodat hulle saam met ander kinders speletjies kan speel waaraan ons as ouers gewoond is. Skryf as spanne in en kom geniet die dag saam en kyk watter spanne vaar die beste. Die boeresport is van 10h00 tot 12h00 op Sondag 28 Januarie 2018.

Van die items sluit in:

  • Kruiwa stoot
  • Sak spring
  • Hoola Hoop
  • Vrot eier
  • Musical chairs
  • Lepel en eier in mond
  • En vele meer.

Terwyl die kinders speel kan die ouers sit en ontspan. Inskrywings en deelname aan die boeresport is gratis.

Vir meer inligting kontak die Mosselbaai Familie Plaas Mark.

Comments