Hartsbegeertes te sien by Cineland123 in Mosselbaai vanaf 4 Oktober 2013


Hartsbegeertes te sien by Cineland123 in Mosselbaai vanaf 4 Oktober 2013

Mossel Bay Movie Programme Hartsbegeertes

Hartsbegeertes, ‘n nuwe Suid Afrikaanse film wat in Afrikaans vertolk word sal vanaf 4 Oktober 2013 te siene wees by Cineland123 in Mosselbaai. Hierdie is ‘n splinternuwe film wat handel oor die alledaagse gebeure en omstandighede met die oog op twee families en hul worstelstryd met die lewe en die doel van dinge. Die hoofrolle word vertolk deur Renier Weideman, Jacques Gombault, Angelique Gerber, Anrich Herbst, Richard van der Westuizen en Izak Davel.

 

Oorsig van Hartsbegeertes

James (Jacques Gombault) is `n baie suksesvolle besigheidseienaar, maar met al sy rykdom tot sy beskikking, kan hy nie sy vrou help wat gediagnoseer is met kanker nie. Hierdie omstandighede dwing hom om `n ander uitkyk op die lewe te vorm. Pieter (Renier Weideman) is ‘n finansiele adviseur. Hy probeer `n bestaan maak en ook terselfdertyd sy skoonpa help. Pieter se lewe is besig om inmekaar te tuimel en niks werk vir hom uit nie. Sy vertroue dat daar `n groter plan is met sy lewe gee hom krag en moed om voort te gaan. Soos alle mense sit hy maar `n “masker” op om voor te gee alles is reg. Die eienaar van `n groot firma sien potensiaal in Pieter en bied vir hom `n werksgeleentheid aan wat baie deure oopmaak vir sy toekoms. Deur sy omstandighede besef hy wat dit is om ware vreugde ten spyte van sy omstandighede te vind en wat ware sukses behels.

Hartsbegeertes sal vir jou `n hoopvolle oomblik gee waarmee jy die wêreld deur ander oë kan aanskou en tot nuwe insigte kan kom om weer moed en lus vir die lewe te vind. Ons het almal ons eie planne, maar wat is God se plan vir jou lewe? Die film bring die werklikheid van hoop, geloof en liefde binne in ons daaglikse worstelinge. Onderwerpe soos geloof, finansies en gesondheid (kanker) word aangeraak in die storie. Hierdie hartroerende film sal jou inspireer om voluit te lewe en jou doel op aarde te vind.

Vir meer inligting besoek om webblad,

contact details click here

1 Review
  1. to clearly define the focused theme that

    you’ll follow, much like the process you follow when creating a product or service. choose a blog name and theme that fits well with your company’s expertise and mission, which will allow you to provide pertinent information to consumers interested i…